Monday 29 April 2013

Ooievaars vir 'n spesiale mamma en baba

Saterdag het ons 'n ooievaars tee vir my dogter Viyonne en haar baba wat in Junie kom, gehou. Haar broer het haar uit London kom verras, en dit was so lekker om albei my kinders weer by my te hê.





Estee, wat dit gereël het, het besluit dat daar verseker kameelperdjies by die tee moet wees as tema, aangesien dit Viyonne se gunsteling dier is. (sy praat van Camel Horses)

Estee het 'n pragtige koek laat bak met die skatlikste kameelperdjies op.


Ek is opgekommandeer om boekmerkies te hekel. Ek het 'n prentjie raak gegoogle en sommer van die prentjie af gehekel.  So lyk 20 kameerperde in 'n ry!





My eerste babette! Dit was 'n geskenk aan my kleinkind.  In al die opwinding het ek ongelukkig vergeet om 'n foto van die finale produk te neem.  Ek het met Elle Pure Gold Chunky gehekel, en die kombers het 'n dubbele ouma ry in rooi gekry om dit af te werk.






1 comment: