Thursday 16 May 2013

Reenweer en tamaties

Hierdie inskrywing gaan eintlik oor verlede naweek, en dit is al klaar weer Vrydag!  Dus is ek jammer omdat dit laat is, maar dit was nogal 'n dol week vir my.


Verlede naweek het ons die lekkerste reënweer gehad.  Goed, as ek eerlik is, moet ek erken dat ek die weer voorspellings dopgehou het, en ewige optimis geglo het dit gaan heel naweek koud wees en reën, wat dit natuurlik nie was nie.  Maar daar was sulke tye wat dit gereën het, en dit was darem bietjie koeler as gewoonlik.

Dstv het 'n advertensie waarin hulle een of ander iets adverteer.  Nietemin, hoewel ek nie seker is van die produk nie, het ek dadelik die mooi ouma kombersie raakgesien!  Is dit nie mooi nie?  Dit lyk sommer na huislikheid, warmte en liefde


Hierdie is hoe Tiny sy moedersdag deurgebring het



Aangesien my kinders albei ver is (een in Kokstad, en een in Londen) kon ek my moedersdag in my nagklere deurbring en rustig wees.  Ek het vroegoggend oproepe en boodskappe gehad, wat heerlik was.  Daarna kon ek sommer net rondskrop in en om my huis.  Dis vir my sommer baie lekker

Ek het hierdie prentjie raakgeloop op facebook, en dis nogal hoe ek ook na 'n skaap sou kyk.  Oulik ne?


Onthou julle hoe ek so af en toe bietjie die haakwerk eenkant toe skuif om te blog oor my groentetuin?  Wel, kyk net hoe dit vorder!  Ek is super trots daarop.




My tamatie plant het een klein tamatie!  Piepklein, maar daar!  Op hierdie stadium is dit dalk die mees gefotografeerde tamatie ooit! :)

Ek het darem baie gehekel ook, maar kan nog net 'n klein stukkie daarvan wys aangesien dit 'n verrassing vir iemand is!


Tot volgende keer, ek hoop julle het elkeen 'n ongelooflike lekker naweek!

Groete