Monday 11 June 2012

Dis aansteeklik!

Ai, wat 'n heerlike naweek het ek gehad! Dit was koelerig en ek het dit so geniet om in die winter sonnetjie op die stoep te sit en hekel.

Ek het al voorheen vertel van my vriendin Michelle (ook my buurvrou) met wie ek so lekker kuier oor die muur.  Wel, ek is baie bly om te kan sê die hekel gogga is aansteeklik!  Idees tydskrif het die oulikste boekie uitgegee waarin al die hekel steke verduidelik word, en ek het dit vir Michelle gegee.  Sy het nog nooit voorheen gehekel nie, en nadat ek haar 'n balletjie wol en 'n hekelnaald in die hand gestop het, kon sy stap vir stap uit die boekie leer!

Ek is baie trots op haar!


1 comment: