Tuesday 31 July 2012

'n Bersie vir Lezani

My nuutste babakombers is klaar! 

Ek het oumablokke gemaak in Sempati wat ek met Lollipop Chunky in grys aanmekaar gehekel het. Daarna het ek besluit om 'n randjie te maak om dit 'n regte dogtertjie gevoel te gee.






Thursday 26 July 2012

Vordering

Net 'n vinnig nota om my vordering met die pienk en grys kombersie te wys.  En om te erken, wat begin het as 'n kombersIE gaan alweer 'n lekker groot kombers word!




 Gister het ek 'n behoorlike hoofpyn gehad (dit gebeur gelukkig nie gereeld nie) en wou net vir so 'n rukkie gaan lê in die hoop dat ek beter sou voel.  Nuuskierige Lulu het haarself kom tuismaak, en om die beurt deur die venster en na my gesit en kyk.  Nou ja, ek het natuurlik niks geslaap nie!



Hoop almal het 'n lekker dag - dis amper naweek!

Groete

Monday 23 July 2012

Staatmaker Oumas

Net soos Oumas op wie kleinkinders kan staatmaak vir warmte en liefde en altyd daar wees.  Dis hoe ek vandag voel oor 'n "granny square".  En aangesien ek so 'n vreeslike liefde daarvoor het, maar ook baie trots Afrikaans is, gaan ek van nou af net van oumablokkies praat.

Nou ja, soos ek verlede week vertel het, het ek met groot opgewondenheid weggespring met 'n nuwe babakombers van pienk blomme met wit agtergrond.  Maar dit pla my, en dit sit nie lekker aan my nie.  Ek kan nie my vinger daarop lê nie, maar dit voel net nie reg nie.  Die pienk is net te helder teen die te wit agtergrond.  En dis een van daai patrone wat ek gaan moet blok met spelde en dinge, en ek het nie lus daarvoor nie, want ek wil almal aanmekaar hekel en dan moet ek later nog 'n randjie bysit, en en en en....

Saterdag oggend word ek wakker met 'n helder prentjie in my kop!  Ek gryp die pienk wol en raai wat vorm?  Goeie getroue oumablokkies.  En dit lê plat en vierkantig sonder enige blokwerk.  Ek sit 'n grys rand om en hekel die een blok na die ander aanmekaar vas en dit voel so 'reg'!



Of ek nou wil of nie, oumablokkies werk maar net vir my, en ek gaan nooit weer daarteen baklei nie!




Sondag oggend het ek vir Michelle gewys hoe om 'n blommetjie te hekel. Sy is volstoom besig om 'n gesoute haker te word!  Is hierdie dalk 'n gereelde hekel groepie in wording?





Thursday 19 July 2012

Pienk blomme en groot wolle

Aan die begin van die winter het ek 'n hele klomp wol bestel by Wolmart Afrika. Wat 'n absolute plesier om met hulle besigheid te doen.  Mens bestel wat jy ookal nodig het op die internet, Dollie stuur vir jou 'n mail om te sê hoeveel jou rekening is, jy betaal die geld oor, en binne dae arriveer 'n groot boks sagte lekkerte by jou! 

Ek het begin met nog 'n baba kombers, en hierdie keer wou ek 'n wit agtergrond doen.  Ek onthou toe van die twee balle wit wat saam met my bestelling was.  Hierdie bal wol is groot, soos in regtig groot! En dis heerlik sag. Hekel soos 'n droom.


Op die foto is die bal 500g teenoor 'n gewone 100g. 


Dis nogal vreemd om daarmee te werk want dis 'n swaar bal.

En hierdie is die voorsmakie van die nuwe bersie in wording



Friday 6 July 2012

Lezani se rokkie

Sjoe, kan mens so opgeskeep raak met babas op my ouderdom? Ek het al my ander hekelwerk vir eers gestaak, en dink, droom en beplan babaklere!

Ek het 3 balle Splish Splash van Elle gekoop, maar die rokkie is feitlik klaar en ek het nog nie die eerste bal opgebruik nie! Gelukkig weet ek van nog dogtertjies wat oppad is!





Wednesday 4 July 2012

Michelle hekel flink voort

Ek het voorheen vertel van my vriendin Michelle wat sommer so oor die muur geleer hekel het.  

Kyk net hoe vorder haar kombers!

Michelle gebruik nie 'n vaste patroon nie, net granny square, en besluit op die kleure soos wat sy vorder.  Baie kunstig en mooi ne?

Baie trots op jou!



Monday 2 July 2012

Luilekker naweke

Net 'n klompie fotos van 'n lekker rustige naweek by die huis, met baie hekelwerk.

 Nog voor ek die laaste van my drie kussings klaargemaak het, het Lulu al besluit sy hou van dit! Uiteindelik kon ek dit vir 'n rukkie by haar leen en het ek darem al drie klaar.



Ek is besig met 'n mooi baba truitjie, vir Isabella van Dyk, van in oktober hier sal wees.



En verder werk ek ook aan hierdie top, wat ek in Elle Gold doen




En hierdie is my geselskap en uitsig terwyl ek op die stoep hekel!








Hoe gelukkig kan een mens nou wees?

Tot volgende keer, hoop dis 'n goeie week vir elkeen!