Die Vinnis Kombers waarvan ek vertel het, is klaar! Ek is absoluut en totaal mal oor hierdie kombers. Die katoen gee dit so 'n lekker gewig, en dit voel soos 'n regte trooskombersie. Ek het gesê ek gaan dit vir myself hou, maar heelaas..... Ek gee dit weg. Toemaar, ek sal wel weer een maak.
The Vinnis Blanket I told you about, is finished! I am absolutely and totally crazy about this blanket. The Cotton I used has a nice weight to it, and feels like a real comfort blanket. I know I said I'm keeping this one, but alas.... I'm giving it away. Not to worry, I'll soon make another one for myself.
Intussen werk ek aan 'n rippel kombers vir my seun. Hy was dadelik verlief op die een wat ek vir my kleinseun gehekel het, en het vir homself ook een bestel. Kyk net hoe mooi is die kleure.
In the meantime, I'm working on a ripple blanket for my son. He saw the one I made for my gransdson, and loved it, so i had to make one for him too. Look at the lovely colours!
Na die Vinnis "fantasy blanket" het ek ook begin om een in Elle Pure Gold te doen, met ryker kleure. Hierdie patroon hekel so maklik en lekker, dis vir my regtig soos 'n storie kombers. Dalk kan mens ander rye met verskillende patrone inwerk? Ek hou julle op hoogte!
After the fantasy blanket made from Vinnis, I also started one in Elle Pure Gold, in richer colours. This pattern is so easy and nice to crochet, and feels like a story to me, with different patterns. I really enjoy these blankets, they are fun to make.
No comments:
Post a Comment