Tuesday 2 April 2013

'n Baadjie vir myself

My vriendin by die werk, Marthie, het vir my hierdie oulike patroon gebring wat sy in 'n tydskrif gekry het.  Ek het nog nooit voorheen kledingstukke vir myself gemaak nie, en is gewoonlik bang vir die hele maattes storie. Ek is nooit seker dit gaan reg uitkom nie.


Die patroon is net in een grootte, en gehekel in Elle Pure Cotton met 'n 3,25mm naald.  Ek het besluit om Elle Pure Gold se DK se gebruik, met 'n 4mm naald, sodat dit bietjie groter sal wees (aangesien ek nou nie eintlik 'n medium grootte is nie)

Die onderste rand is 8 sirkelpatroon blokke, wat aaneen gehekel word vir die soom en van daar word dit in een stuk verder gehekel.




Sover lyk dit of die aanpassing van die wol- en naalddikte gaan werk om die maattes effens groter te kry. Ek dink wel ek gaan dit ietwat korter maak, maar sal kyk hoe dit vorder.

Ek sal binnekort weer fotos hiervan plaas.

Tot volgende keer!



2 comments:

  1. Ek kuier heerlik op jou blog ook :)

    ReplyDelete
  2. ek is nog n beginner in die hekel wereld, maar wil graag iets fyn en mooi vir myself hekel. enige iemand wat n mooi patron het van iets...dalk n top of iets? My email cjvrmakeup@gmail.com

    ReplyDelete