Monday 7 January 2013

Winterjassies

Ek het 'n oulike patroon vir 'n wintersjassie vir Lezani.  Die Patroon gebruik wol wat nie plaaslik beskikbaar is nie, maar van die grootte van die hekelpen (7mm) het ek afgelei dat dit dik wol moet wees.  


Ek het 'n paar bolle Sempati in 'n baie ligte pienk maar dit gebruik 'n 5mm hekelpen, en ek het toe besluit om dit te meng met Elle Toytime se Skintone.  Die twee lyk baie mooi saam, en met die Toytime saam hekel dit heelwat makliker, aangesien die Sempati maar 'n moeilike wol is om mee te hekel.




Dis 'n baie maklike patroon, die lyf deel word aaneen gehekel, dan hekel mens die 2 moue en dan word dit als saam gehekel in die bors/nek gedeelte.  Ek moet nog by die kappie kom, maar ek glo dit gaan net so maklik gedoen word.



'n Ander GROOT taak wat wag is 'n regte voorraadvraat. Dis my vertaling van 'n "stashbuster" wat beteken dat ek al die wol wat lank in 'n houer lê, en ook die halwe bolletjies wat oorbly na projekte, gebruik om kombersies mee te doen.  

Hierdie houer wol is hopelik binnekort 'n vrolike bont kombers!


Aan almal wat vandag eers terug is by die werk, geniet die jaar wat voorlê!