Wednesday 5 October 2011

Projekte afgehandel




Die winter is verby en die somer het sommer baie vinnig aangebreek in Malelane. Ek het met die gerbera patroon gesien dat mens nie sommer 'n groot wol projek kan aanpak in die somer nie. Dit sal net te warm en onprakties wees om so te sit en hekel met 'n hele kombers op jou skoot.

Ag hoe mis ek tog die winter, sokkies, koffie, hekelwerk en komberse......

Ek het darem 'n hele paar projekte afgehandel voor die groot hitte ons gevang het. Grootste daarvan was sekerlik 'n groot 'granny' kombers vir my seun se kamer. Groot opgewondenheid toe ek die pakkie kon pos Kaapstad toe.

'n Ander vinnige projek wat ek vreeslik geniet het, was jassies vir my vriendin Michelle se hondjies. Murphy en Thai het baie stylvol gelyk die winter!

No comments:

Post a Comment