Tuesday 20 March 2012

My vinnis gaan 'n handsak word! (maar daar's 'n dilemma)





Ek moet bieg. Ek hou nie van naaldwerk nie. Soos in niks, gladnie en geensins. By naaldwerk bedoel ek nou die tipe waarvoor jy 'n naaimasjien moet uithaal. Ek sal nog 'n knoop en 'n soom met die hand werk, maar ek is sommer ongelukkig as ek ander tipe naaldwerk moet doen. Dis vir my regtig niks lekker nie.

Nou sit ek met 'n lekker dilemma. Ek het besluit die wol wat ek gekoop het gaan 'n handsak word! En dit gaan 'n mooi handsak wees! Hier is nou waar die knoop lê. Die handsak gaan 'n voering moet kry, en om dit te doen, gaan ek naaldwerk moet doen!

Kom ek bieg oor nog iets. Ek het verlede jaar vir my verjaardag ('n hele jaar terug) 'n omkapmasjien gekry. Ek was oortuig ek moet een hê. En ek wil een hê, en ek gaan skielik vreeslik lief word vir naaldwerk. Die omkapmasjien is nog nie eers uit sy boks gehaal nie. Dit staan in 'n kas, en ek het so vinnig na die dvd gekyk en gedink sjoe, dis baie werk!

Nou ja, ek gaan hierdie struikelblok moet oorkom. Naaldwerk kan ek doen, moet my nie verkeerd verstaan nie! Ek het al klere gemaak, tot 'n gevoerde baadjie en 'n 'prom' rok vir my dogter toe ons in mosambiek gebly het! Maar dis nie vir my lekker nie, regtig nie.

Ek het hierdie mooi handsak op etsy gesien. En dadelik besluit ek wil so een maak!



Sal julle verseker op datum hou van my vordering!

3 comments:

  1. Ek het geweet ek sal op my dogter kan staatmaak! Dankie! :)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Mens kan sien jou dogter is 'n dokter - sy praat van die voering as die "binneste" - sweet! :)

      Delete