Tuesday 26 February 2013

Nog 'n truitjie

My dogter Viyonne, se baba word in Junie gebore, en hierdie ouma is baie opgewonde. 


Die nuwe ouers wil nie vooraf weet of dit 'n dogter of seun is nie, dus hou ons by neutrale kleure.


Die patroon kom uit Weekend Crochet for Babies deur Sue Whiting


Die 'n maklike patroon wat vinnig hekel. Ek hou van die growwe tekstuur van die patroon.



 

So tussen die malligheid van finansiële jaareindes, hoop dis vir elkeen van julle 'n geseënde week!

Groete

E


Wednesday 20 February 2013

London, Stad van my Hart

Ek was in Januarie weer baie bevoorreg om my gunsteling plek te besoek. In 1993 het ons as 'n baie jong gesinnetjie grootoog uit Suid Afrika vertrek om in 'n onbekende vreemde plek te gaan woon. 


My kinders was nog baie klein en dit was maar 'n waaghalsige stap.  Ek het totaal en al my hart verloor op Engeland, en wanneer ek vakansies begin reël, gaan ek maar keer op keer terug soontoe.  


Almal wat my blog lees en my ken sal weet hoe ek voel oor die hitte in Malelane, en hoe gelukkig ek is wanneer ek 'n plek kan besoek waar dit koud en nat is.  Hierdie afgelope vakansie was ek gelukkig genoeg om London  te besoek ten tye van 'n erge kouefront.  Ek was in die hemel!






















Ek en Eduard het ook 'n draai gaan maak by ons huis waar ons gebly het.


25 Cotelands was vir net meer as 'n jaar ons adres.



"If you're tired of London, you are tired of life".  Ek is verseker nog nie moeg vir die lewe nie!

tot volgende keer

x

Tuesday 19 February 2013

Opvolg oor wintersjassie

Na 'n lang stilte is ek terug! Ek het bietjie gaan vakansie hou, maar my vingers was baie baie besig.  Ek sal in my volgende blog alles pos waarmee ek besig was, maar eers is daar 'n ta da da dam oomblik!  Die wintersjassie is klaar en dit lyk so oulik.  Net reg om 'n sekere juffroutjie warm te hou hierdie komende winter.


Ek is binnekort terug met 'n groot een vol baie fotos!

Groete