Tuesday 9 October 2012

Opwinding

Wat 'n heerlike week en naweek was dit nie!  Groot opwinding.

Verlede week het ons kantoor kat, Liefie, hier in my kantoor en reg onder my oë die mooiste babatjies gehad.  Ek het die voorreg gehad om saam met haar te sit, haar maag te vryf en te kyk hoe elkeen gebore word.  Daar was 5 babas maar een is ongelukkig dood gebore.  4 Leef egter en groei vinnig en is gesond.  




Eerste baba


Daarna nog 3 grys babas


Is dit nie die mooiste dingetjie nie?


Die naweek was Malelane weer op sy stukke met temperature wat hier kort duskant 40 grade gedraai het.

Ek het my laslap kussing klaargemaak.
  







Die agterkant is 'n groot oumablokkie

 

Vasgemaak met knopies
 
 

En kyk net hoe mooi pas dit by die kussings wat ek voorheen met my geskenk wol gemaak het!
 

 Ek dink tog ek sien kans vir nog 'n laslap projekkie!

 



Monday 8 October 2012

Lezani is hier!

Sondag, 7 Oktober 2012, is Lezani de la Rosa in Nelspruit gebore. Die mooiste mooiste dogtertjie, en eerste baba vir Suzane en Boela de la Rosa. Sy het 3.5kg geweeg en is 55cm lank

Ek bid dat sy vir julle soveel vreugde en geluk sal bring.