Monday 7 October 2013

Bietjie van die en bietjie van daai.....

Net 'n paar vinnige foto's van hekelwerk wat ek in die laaste rukkie gedoen het. Dit gaan maar dol by my maar ek sal binnekort weer 'n ordentlike inskrywing doen!

Twee katjies vir 'n dogterjie en haar boetie!







'n BAIE ou poppie het nuwe klere gekry (nadat sy eers 'n goeie bad gehad het)





Die rimpel kombers het veilig in die Kaap aangekom


 


 En ek het nog 'n fantasie kombers gemaak, hierdie keer vir my seun se vriendin vir haar verjaardag.






Friday 30 August 2013

Nog 'n rippel klaar

Die Rippel wat ek vir my seun gemaak het, is klaar! 

I finished the ripple blanket for my son!
 


Ek is so bly dat ek hierdie kombers kan pos terwyl die winter nog nie heeltemel oor is in die Kaap nie.  Hier by ons begin dit klaar ongemaklik raak om aan 'n groot kombers te werk, en ek sal vir eers aan kleiner projekte werk, of die lugverkoelers moet aansit!

I am so glad that I can post this blanket while it's still cold in Cape Town. In Malelane it's getting uncomfortable to work on large projects now, and I will have to either work on smaller projects or sit very close to the air conditioner now!


Monday 19 August 2013

Vinnis Kombers - Ta da da dammm!

Die Vinnis Kombers waarvan ek vertel het, is klaar!  Ek is absoluut en totaal mal oor hierdie kombers. Die katoen gee dit so 'n lekker gewig, en dit voel soos 'n regte trooskombersie.  Ek het gesê ek gaan dit vir myself hou, maar heelaas..... Ek gee dit weg.  Toemaar, ek sal wel weer een maak.

The Vinnis Blanket I told you about, is finished! I am absolutely and totally crazy about this blanket.  The Cotton I used has a nice weight to it, and feels like a real comfort blanket.  I know I said I'm keeping this one, but alas.... I'm giving it away. Not to worry, I'll soon make another one for myself.

 




Intussen werk ek aan 'n rippel kombers vir my seun. Hy was dadelik verlief op die een wat ek vir my kleinseun gehekel het, en het vir homself ook een bestel.  Kyk net hoe mooi is die kleure.

In the meantime, I'm working on a ripple blanket for my son.  He saw the one I made for my gransdson, and loved it, so i had to make one for him too.  Look at the lovely colours!



 

 

Na die Vinnis "fantasy blanket" het ek ook begin om een in Elle Pure Gold te doen, met ryker kleure.  Hierdie patroon hekel so maklik en lekker, dis vir my regtig soos 'n storie kombers.  Dalk kan mens ander rye met verskillende patrone inwerk? Ek hou julle op hoogte!

After the fantasy blanket made from Vinnis, I also started one in Elle Pure Gold, in richer colours. This pattern is so easy and nice to crochet, and feels like a story to me, with different patterns. I really enjoy these blankets, they are fun to make.

















Tuesday 13 August 2013

Vinnis vir Vrouedag

Verlede week bestel ek vir my Vinnis wol sodat ek 'n nuwe projek kan hê om aan te werk oor die langnaweek. (ja NOG 'n WIP)!

Maryna Fouche stuur oornag vir my die bestelling, en ek begin sommer Donderdag aand al werk aan my weergawe van die "Fantasy Blanket" waarvan ek gelees het.

Dis 'n heerlike patroon, en ek geniet dit regtig so dat ek feitlik die hele naweek deur hekel.  Die Vinnis het die mooiste kleure en ek hou van die gewig van die wol wat mens voel in die eindproduk.  

Ek is tans besig met die rand en sal binnekort die voltooide kombers wys.  Ek dink hierdie kombers word my geskenk aan myself vir vrouedag!

Last week I ordered some Vinnis cotton, so that i will have a new project to work on over the long weekend (yes, ANOTHER WIP)!

Maryna Fouche sent the order on the overnight mail, and I started on Thursday evening, working on my version of the "Fantasy Blanket" that I read about.

It's such a lovely pattern and I really enjoyed working on it so much, that I worked right through the weekend.  The Vinnis colours are beautiful, and I love the weight that the finished product has.

I am currently busy doing the border, and will do the big reveal shortly! I think this blanket will be a Women's Day Gift from me to me!








Wednesday 24 July 2013

Twee geskenkies

Ek het die laaste ruk gewerk aan twee komberse as geskenkies vir twee baie oulike dames.Omdat ek graag die twee komberse gelyk wou klaar hê, het ek ses rye (drie kleure) van die riffelkombers gehekel, en dan een bol wol van die ouma reghoek. So het ek darem goed gevorder op albei.



My toesighouers hou inspeksie


Verskoon asb die wasgoed, dit was een van ons min reënerige dae in Malelane!





 En ek is klaar!




Sunday 21 July 2013

Geluk is..... / Happiness is......

Geluk is, om my kleinkind te sien in (en onder) die truitjies en kombersies wat ek vir hom gehekel het!

Happiness is, seeing my grandchild in (and under) the jackets and blankets I made for him!





Friday 14 June 2013

Dis 'n seun!

Op 30 Mei 2013, het ek die trotse ouma geword van 'n baba seun.  Brian Daniel Longmore is my dogter Viyonne en haar man Bruce se eerste kleinding. Hy is die mooiste mooiste seun ooit en ek bars van trots.

Dit gaan baie goed met mamma en baba en ons harte loop oor van dankbaarheid.






Thursday 16 May 2013

Reenweer en tamaties

Hierdie inskrywing gaan eintlik oor verlede naweek, en dit is al klaar weer Vrydag!  Dus is ek jammer omdat dit laat is, maar dit was nogal 'n dol week vir my.


Verlede naweek het ons die lekkerste reënweer gehad.  Goed, as ek eerlik is, moet ek erken dat ek die weer voorspellings dopgehou het, en ewige optimis geglo het dit gaan heel naweek koud wees en reën, wat dit natuurlik nie was nie.  Maar daar was sulke tye wat dit gereën het, en dit was darem bietjie koeler as gewoonlik.

Dstv het 'n advertensie waarin hulle een of ander iets adverteer.  Nietemin, hoewel ek nie seker is van die produk nie, het ek dadelik die mooi ouma kombersie raakgesien!  Is dit nie mooi nie?  Dit lyk sommer na huislikheid, warmte en liefde


Hierdie is hoe Tiny sy moedersdag deurgebring het



Aangesien my kinders albei ver is (een in Kokstad, en een in Londen) kon ek my moedersdag in my nagklere deurbring en rustig wees.  Ek het vroegoggend oproepe en boodskappe gehad, wat heerlik was.  Daarna kon ek sommer net rondskrop in en om my huis.  Dis vir my sommer baie lekker

Ek het hierdie prentjie raakgeloop op facebook, en dis nogal hoe ek ook na 'n skaap sou kyk.  Oulik ne?


Onthou julle hoe ek so af en toe bietjie die haakwerk eenkant toe skuif om te blog oor my groentetuin?  Wel, kyk net hoe dit vorder!  Ek is super trots daarop.




My tamatie plant het een klein tamatie!  Piepklein, maar daar!  Op hierdie stadium is dit dalk die mees gefotografeerde tamatie ooit! :)

Ek het darem baie gehekel ook, maar kan nog net 'n klein stukkie daarvan wys aangesien dit 'n verrassing vir iemand is!


Tot volgende keer, ek hoop julle het elkeen 'n ongelooflike lekker naweek!

Groete

Monday 29 April 2013

Ooievaars vir 'n spesiale mamma en baba

Saterdag het ons 'n ooievaars tee vir my dogter Viyonne en haar baba wat in Junie kom, gehou. Haar broer het haar uit London kom verras, en dit was so lekker om albei my kinders weer by my te hê.





Estee, wat dit gereël het, het besluit dat daar verseker kameelperdjies by die tee moet wees as tema, aangesien dit Viyonne se gunsteling dier is. (sy praat van Camel Horses)

Estee het 'n pragtige koek laat bak met die skatlikste kameelperdjies op.


Ek is opgekommandeer om boekmerkies te hekel. Ek het 'n prentjie raak gegoogle en sommer van die prentjie af gehekel.  So lyk 20 kameerperde in 'n ry!





My eerste babette! Dit was 'n geskenk aan my kleinkind.  In al die opwinding het ek ongelukkig vergeet om 'n foto van die finale produk te neem.  Ek het met Elle Pure Gold Chunky gehekel, en die kombers het 'n dubbele ouma ry in rooi gekry om dit af te werk.