Thursday 28 June 2012

Innigrot, Innibos

Die jaarlikse Innibos Kunstefees is weer in Nelspruit. Ons hier in die Laeveld word maar gesnoep met Kuns en Kultuur, daarom is dit 'n groot lekkerte elke jaar om van die land se beste kunstenaars hier op ons voorstoep te hê.

Woensdag aand het ek en 'n vriendin na Chris Chameleon en die Drakensberg Seunskoor gaan kyk waar hulle optree in die Sudwala grotte.  Wat 'n belewenis!



Na die vertoning het ek 'n yskas magneet gekoop om by my (groeiende) versameling te sit.



Die kunstemark wat by die Innibos feesterrein gehou word, is propvol idees en geskenke en mooi goed.  Oral is gehekelde blommetjies en serpe en hoede, en dis heerlik om te sien hoe jongmense opgewonde is oor hekelwerk en almal iets wil dra met 'n gehekelde blom op.  Ek moes darem vir myself ook een koop!


Hier is die res van my inkopies, met natuurlik die pièce de résistance hierdie mooiste pantoffeltjies vir 'n baie baie besondere dogtertjie wat in Oktober gebore word, en waarvoor ek klaar bitter lief is!




Dit was 'n heerlik kuier, maar vir nou is dit eers terug na die werklikheid wat maand-einde sommetjies en syfers is!


Groete tot volgende keer!


Elsa



Sunday 24 June 2012

"Me Time"

Julle weet mos wat hulle sê van 'n loodgieter se pype?  En 'n eletrisiën se bedrading?  Wel, glo dit of nie, ek het sowaar nie een gehekelde kussing in my eie huis nie!  Dit wat ek hekel is gewoonlik vir iemand anders, of as iemand hou van wat ek doen gee ek dit baie maklik vir daai persoon.  Hekelwerk is vir my regtig 'n liefdes taak en daar is min dinge so lekker soos gee.

Wel, dit was nou tot so 2 weke gelede, toe ek 'n geskenkpakkie wen op 'Ons Hekel', 'n blad op Facebook wat ek 'n paar keer per dag besoek.  Oe!  wat 'n vreugde.  Die pakkie kom toe verlede week hier aan.... 


opwinding! Die allermooiste Vinnis Colours - sommer 5 sagte kleure!  Plus die mooiste gehekelde roos borspeld, spelde in 'n oulike houertjie, en 'n vrolike bont skertjie. En natuurlik 'n bloedrooi hekelpen!


Ek kan myself nie keer nie en begin sommer net daar by my lessenaar hekel, en daar en dan besluit ek, hierdie wol en hierdie projekkie is net vir 'me, myself and I'.


Dis die mooiste kleure en perfek om my sitkamer op te vrolik.

Vinnig is een kussing klaar..


en daar is genoeg wol vir nog een!





En sowaar, na twee is daar nog wol vir 'n derde ook...



Baie baie dankie Christelle, vir die groot geskenk.  Dit was so lekker om bederf te word.


Thursday 21 June 2012

Snurk

Ek het 'n vreeslike liefde vir mooi beddegoed. Niks so lekker soos luukse linne teen jou vel wanneer jy saans gedaan in die bed klim.  

Snurk Beddengoed is 'n Nederlandse maatskappy wat die mooiste goed maak.  Daar is 'n duvetstel wat soos 'n granny deken lyk!



Gaan kyk gerus na hulle interessante ontwerpe - hulle verskeep boonop wêreldwyd!

(kyk net die ou tannie se vals tande in 'n glas op die bedkassie - a-la-granny!)




 

Sunday 17 June 2012

Plaasmuis gaan stad toe

Ek het die naweek my warmste klere ingepak en vir my ouers gaan kuier. Dis yskoud en ek het dit so geniet om sulke dik lae klere te kon aantrek.

Ongelukkig eis die koue ook sy tol en my dierbare pa is Saterdag oggend in die hospitaal opgeneem met longontsteking. Ek glo hy sal sommer baie vinnig weer gesond wees.


Ek het natuurlik my hekelwerk saamgeneem en wanneer ons lekker kuier het ek gesit en hekel.  My tweede poging tot 'n baba truitjie lyk heelwat beter (met ek self erken) en ek is nogal trots op hoe dit uitgekom het.


 Ek het Elle se Pure Gold Baby gebruik in die mooiste sagste kleure


En hier is die tadadadam!! oomblik.  Ek moet nog net die laaste wolletjies wegwerk.


Monday 11 June 2012

Baba truitjie - my eerste poging





 Dis die lewe!




Vanaand net gou die knopies aanwerk, dan kan ek 'n foto plaas van die voltooide trui!

Dis aansteeklik!

Ai, wat 'n heerlike naweek het ek gehad! Dit was koelerig en ek het dit so geniet om in die winter sonnetjie op die stoep te sit en hekel.

Ek het al voorheen vertel van my vriendin Michelle (ook my buurvrou) met wie ek so lekker kuier oor die muur.  Wel, ek is baie bly om te kan sê die hekel gogga is aansteeklik!  Idees tydskrif het die oulikste boekie uitgegee waarin al die hekel steke verduidelik word, en ek het dit vir Michelle gegee.  Sy het nog nooit voorheen gehekel nie, en nadat ek haar 'n balletjie wol en 'n hekelnaald in die hand gestop het, kon sy stap vir stap uit die boekie leer!

Ek is baie trots op haar!


Monday 4 June 2012

Troue!

Ek het 'n paar maande terug vertel van 'n trou projek waarmee ek besig is maar kon nie toe die aap uit die mou laat nie.  Hier is die hele storie! Saterdag, 2 Junie 2012, het my suster se dogter Danette, getrou met Rudi.  Dit was behoorlik 'n familie poging en almal het hard gewerk, lekker gekuier, en saam traantjies weggepink.

Ek was in beheer van die geskenkies vir die gaste.  36 vrouens moet elk 'n gehekelde doilie kry.
 


die stapeltjie groei



 





 





 daar's hy!  36 bondeltjies

die mans se geskenkies is blouwildebees droëwors

 Ousus doen al die blomme terwyl die familie saam kuier


alles word ingelaai om na die trou venue toe te gaan


 die bruids ruiker


 en die bruid!

 My dierbare ma saam met my twee kinders



Als het goed afgeloop, die bruid was prentjie mooi en die troue was heerlik. 

Rudi en Danette, mag julle altyd so gelukkig en lief vir mekaar wees soos wat julle Saterdag was!