Sunday 17 June 2012

Plaasmuis gaan stad toe

Ek het die naweek my warmste klere ingepak en vir my ouers gaan kuier. Dis yskoud en ek het dit so geniet om sulke dik lae klere te kon aantrek.

Ongelukkig eis die koue ook sy tol en my dierbare pa is Saterdag oggend in die hospitaal opgeneem met longontsteking. Ek glo hy sal sommer baie vinnig weer gesond wees.


Ek het natuurlik my hekelwerk saamgeneem en wanneer ons lekker kuier het ek gesit en hekel.  My tweede poging tot 'n baba truitjie lyk heelwat beter (met ek self erken) en ek is nogal trots op hoe dit uitgekom het.


 Ek het Elle se Pure Gold Baby gebruik in die mooiste sagste kleure


En hier is die tadadadam!! oomblik.  Ek moet nog net die laaste wolletjies wegwerk.


No comments:

Post a Comment