Sunday 18 March 2012

een projek voltooi!

Hoop almal het 'n heerlike naweek gehad. Ek het lekker gerus, en nog meer gehekel. Die kombers waaroor ek al 'n rukkie terug begin blog het is klaar.

Ek wou vir my skoonseun 'n kombers maak wat hy kan gebruik in die koue Kaapse winter terwyl hy swot. My dogter se opdrag was dat dit asb "plain and manly" moet wees. Na ek bietjie op google gaan kyk het, het ek 'n prentjie gesien en bietjie aangepas, en hier is die resultaat:



Ek het granny strepies gemaak, in lang bane van 7 blokke. Dan het ek elke baan omgehekel met 'n room randjie. Daarna het ek die volgende baan begin, en dit aanmekaar gehekel. Na die 5 bane aanmekaar was het ek die hele kombers 'n gewone granny randjie gegee. Dit lyk regtig vir my baie mooi en was 'n baie lekker en vinnige kombers om aan te werk. Hoop my skoonseun geniet dit!

1 comment:

  1. Baie mooi kombers Elsa! Ja, definitief die manlikste gehekelde kombers ooit! Welgedaan! Bruce is seker baie in sy noppies met sy skoonma ne?!

    NS: Ek het nooit geweet jy is die hekel-tipe nie!! Vrou van vele talente ne?!

    ReplyDelete