Saturday 8 October 2011

Naweke met Katte en Hekelwerk


Cats sleep anywhere, any table, any chair. Top of the piano, window ledge, in the middle, on the edge. (eleanor farjeon)


Een van my gunsteling gediggies wat ek geleer het toe ek baie klein was. Dis nogal 'n scenario wat elke dag in my huis, wat ek met 4 katte deel, afspeel. En elke keer wanneer ek die spulletjie gade slaan onthou ek die gediggie. Dit gee my oneindige genot en vreedsaamheid om hulle so te sien.


Die matriarg onder die 4 is Twinkle, my 16 jaar oue ouman. Eintlik stel ek dit nou verkeerd, want hy is nie myne nie, ek is syne. Ek behoort aan hom, ek bedien hom en ek dans na sy (by tye issigrimmige) pype. Ek dink wanneer ek die vermetelheid het om weg te gaan, begin hy beplan hoe hy my daarvoor gaan laat boet wanneer ek terug is. Stap ek dan by die voordeur in, word ek onmiddelik sy slaaf en moet ek borsel, vryf en room uitdeel om
vir my afwesigheid op te maak.

Kyk hoe stoei hy vir n beter plek as die hekelwerk op my skoot.

Agter my is Lulu, die tiener dogter. Volgende keer vertel ek julle van Lulu se eerste dag op aarde en hoe sy byna nie vandag hier was nie. Sy is n regte klein vegtertjie!

Ek het toe die gerbera kombersie klaargemaak.
Dis n vroli ke kombersie en ek het besluit om dit vir my ma te stuur. Die oorskiet wol speel saam want ek kan nie my pa afskeep nie, en toevallig is die res van die wol wat ek oorhet blou! Die blokke vir die ander kombers kom uit 200 Crochet Blocks.

Ek is so opgewonde om dit klaar te maak en oulike 'his and hers' kombersies te kan stuur. En dis 'n verrassing want in my familie glo ons daar moet altyd 'n verrassing wees!




No comments:

Post a Comment