Wednesday 10 April 2013

Bongani (en my) groentetuin

Ek het in hierdie vorige blog vertel van die groente wat ek geplant het. Die idee was om net bietjie groente in potte te plant, genoeg vir persoonlike gebruik. 

Getrou aan my natuur het ek nou weer uitgebrei daarop, en gedink as ek meer plant, kan ek sommer die bediende en tuinier ook voer uit die groentetuin.  (Groot drome, dis ek daai)

Verlede naweek gryp ek toe 'n spitvurk, graaf en hark en skep heeltemal op my eie 'n bedding van so 1.3m by 1.3m.  Harde werk! Ek dink as mens elke dag in 'n tuin werk, hoef jy nooit gimnasium toe te gaan nie.


Dinsdag kom werk Bongani, en ek vra hom of hy nog 'n bedding wil maak, dan kan hy en Eunice ook sommer groente vars uit die tuin eet.  Met 'n breë glimlag verseker hy my hy ken van tuinmaak, en kort  voor lank, en onder 'n bloedige Malelane son, skep Bongani 'n spog groentetuin.  





 

Nou voel ek effe skaam om my bedding te wys waaraan ek so hard gewerk het! Maar die patats maak darem al blaartjies.




Intussen groei die eerste groente in die potte baie flink, en ek sal julle gereeld op hoogte hou van ons vordering.

 



En selfs die saadjies wat ek gesaai het, kom al op!


No comments:

Post a Comment