Thursday 19 July 2012

Pienk blomme en groot wolle

Aan die begin van die winter het ek 'n hele klomp wol bestel by Wolmart Afrika. Wat 'n absolute plesier om met hulle besigheid te doen.  Mens bestel wat jy ookal nodig het op die internet, Dollie stuur vir jou 'n mail om te sê hoeveel jou rekening is, jy betaal die geld oor, en binne dae arriveer 'n groot boks sagte lekkerte by jou! 

Ek het begin met nog 'n baba kombers, en hierdie keer wou ek 'n wit agtergrond doen.  Ek onthou toe van die twee balle wit wat saam met my bestelling was.  Hierdie bal wol is groot, soos in regtig groot! En dis heerlik sag. Hekel soos 'n droom.


Op die foto is die bal 500g teenoor 'n gewone 100g. 


Dis nogal vreemd om daarmee te werk want dis 'n swaar bal.

En hierdie is die voorsmakie van die nuwe bersie in wording



1 comment:

  1. Wow dit lyk pragtig, dis 'n baie mooi kleur pienk en soos altyd is ek mal oor die blomme. Kan nie wag om die eindproduk te sien nie.

    ReplyDelete