Sunday 30 September 2012

Naweke = Saligheid

Daar is baie min dinge in die lewe wat vir my so lekker is, as om op 'n Saterdag oggend wakker te word en  te weet ek kan heeldag lank "huisie-huisie" speel.  Dis vir my absolute saligheid. Net om te weet ek HOEF niks te doen nie. 

Daar het hierdie Saterdag so 'n algehele salige gevoel in my huis geheers.  Asof die diere ook weet dis naweek en daar 'n rustigheid om ons is.








 My laslappie kussing vorder goed en die materiaal gedeelte is klaar.





 Ek het 'n strook gehekel wat ook aan die voorkant van die kussing kom





Die agterkant van die kussing gaan 'n groot oumablok wees.


Ek hoop om binnekort die voltooide kussing te wys.  Hoop julle het elkeen 'n goeie, geseënde week.

Groetnis tot volgende keer!

1 comment:

  1. Thanks for sharing, nice post! Post really provice useful information!

    An Thái Sơn chia sẻ trẻ sơ sinh nằm nôi điện có tốt không hay võng điện có tốt không và giải đáp cục điện đưa võng giá bao nhiêu cũng như mua máy đưa võng ở tphcm địa chỉ ở đâu uy tín.

    ReplyDelete