Friday 21 September 2012

Iets nuut

Met die winter wat nou verby is, en temperature wat bitter vinnig opskiet, het ek besluit om iets nuut te probeer wat dalk nie heeltemal so warm op my skoot gaan lê soos 'n wolkombers nie.

My poging is 'n laslap kussing.  Die idee is om dit af te rond met hekelwerk so ek gaan darem nie my eerste (handwerk)liefde heeltemal verraai nie. 

Ek werk die laslappies met die hand, want ek hou niks daarvan om masjienwerk te doen nie.  Ek het vinnig agtergekom dat ek, anders as met hekelwerk, my oog liewer op die naald as op die tv moet hou.  Die gaatjies aan my vingers kan getuig daarvan!

Danksy youtube het ek 'n baie oulike en maklike manier gekry om die blokkies te maak.  Eers word die hexagon patroon op papier uitgeknip. 
 

\

 Sny 'n gaatjie in die middel van elkeen waardeur jy die patroontjie aan die materiaal kan vasspeld


 Nou word die materiaal met rygsteke om die patroon vasgewerk.




Volgende word die patroontjies met fyn stekies aanmekaar gewerk





Ek sal binnekort die eindproduk vir julle wys!

Hoop almal het 'n heerlike langnaweek

Groete tot volgende keer

No comments:

Post a Comment