Monday 16 April 2012

'n Vinnige Voorskou

Ek is besig met twee baie lekker komberse op die oomblik. Ek sukkel mos om by een projek te hou, so ek het gewoonlik so 'n paar waaraan ek gelyk werk, net vir afwisseling.

Ek het 'n hele ruk terug al begin vertel van die babakomberse wat ek wil maak. Een is nou al redelik ver gevorder, en hier is 'n klein voorskou daarvan. Die kleure het nie baie goed uitgekom op die foto nie en wanneer dit klaar is sal ek 'n mooi groot en helder foto daarvan neem.


Die ander kombers kom na 'n inspirasie van According to Matt, 'n blog wat ek baie getrou volg. Toevallig (kug kug) is altwee weer granny squares, wat maar altyd my gunsteling sal bly.


2 comments:

  1. Die kleure is pragtig Elsa. Ek is net so 'n sucker vir 'n granny square. Sal maar my favourite ook bly. Ek het so pas 4 projekte klaar waaraan en ook gelyk gewerk het. Ek raak te moeg vir dieselfde ding oor en oor en het afwisseling nodig. Nou begin die volgendes........sal 'n lysie moet maak hehehehe.

    ReplyDelete
  2. Dankie Estelle! Ek is te bang om daai lysie te maak! Ai maar dit bly maar lekker

    ReplyDelete