Wednesday 22 February 2012

'n Vrolike Affêre

Terwyl die blou ripple kombers goed vorder, het ek darem bietjie afwisseling en kleur nodig. En met my vorige blog oor the "throws" op google, het ek baie lus geraak vir iets regtig kleurvol.

Gister moes ek Nelspruit toe vir werk, en het seker gemaak ek stop by Valencia oppad terug. En die resultaat is 'n kleurvolle sak wol. Hierdie gaan 'n vrolike storie word!



Ek het skaars my inkopie sakke uitgepak toe ek die hekelpen gryp en na 'n paar keer se uittrek en oorbegin, het ek darem iets gehad om te blok. Ek besluit nog oor die patroon. Hierdie het ek sommer van 'n prentjie af gehekel maar ek is nie heeltemal tevrede daarmee nie.


2 comments:

  1. Oeeee, as ek sulke bont wol sien, dan juk my vingers. Jou blokkie lyk mooi, maar ek weet wat jy meen, mens moet PRESIES die regte een kry. Gaan jy almal met dieselfde patroon hekel?
    Ek gaan sommer NOU DADELIK aan my hippie kombers werk .......

    ReplyDelete
  2. Hi Estelle. Dankie, ek is ook skoon opgewonde oor al die kleur! Nee, die plan is om die blokkies verskillend te doen. Daar is 'n Roses and Daisies throw in Melody Griffiths se boek wat ek wil doen, (die prentjie is op my blog oor throws) maar ek kry die boek nerens!

    ReplyDelete