Monday 6 February 2012

My dapper projek (episode 2)

Soos gister geblog, het ek 'n baie groot projek aangepak. Ek het besluit om 'n granny ripple kombers te maak vir 'n koning grootte bed. Dis GROOT! Ek het eers met 'n gewone golf patroon begin maar na 3 rye besef ek gaan my dood hekel en baie bolle wol gebruik. Daarom het ek maar weer teruggeval op my gunsteling granny patroon. Ek het sowaar 3 rye uitgetrek en oorbegin. En glo my, dis nie sommer sulke rytjies nie! Twee rye het die grootste gedeelte van 'n 50g bol wol gevat!

My eerste poging het so gelyk:

Dit is 'n baie mooi patroon maar behalwe dat ek koue voete gekry het (nie figuurlik nie, want dis Malelane) het ek besef dat dit 'n baie dik en onpraktiese kombers vir ons geweste gaan wees. Selfs ons koudste winterdae is maar soos 'n lekker koel somersdag op die hëveld!


Dus het ek maar ewe uitgetrek, die wol in bolletjies gerol, en weer begin.


Hierdie patroon gaan bietjie vinniger gaan (hoop ek).

En net om jou 'n idee te gee van hoe lank elke ry is



dis 'n hele paar steke!

Ek werk nog aan die eerste van die babakomberse, en het 'n baie lekker projek vir 'n troue waaroor ek nie mag vertel voor dit klaar is nie! Maar ek sal julle verseker na die troue vertel.

Ek het oor die naweek sommer vir die lekkerte 'n regte outydse melk doilie gehekel. Kompleet met kraletjies. Die gare was dalk net bietjie dik, maar ek was heel beindruk met my eerste poging.



Hoop julle het 'n wonderlike week. Ek hoop om binnekort uit te vind hoe presies ek moet 'link' sodat ek my Een Per Dag projek kan opsit.

Tot volgende keer, soos Coenie sê: Maak 'n verskil!

1 comment:

  1. Jy's baie braaf vriendin. Ek het eendag 'n kwilt vir my queensize bed gemaak. Die lap geverf, die blokkie gekwilt en toe weer die groot een ook gekwilt, en dit alles met die hand ......en ........ek het dit WEGGEGEE! Maar ek het my stert afgewerk. Sterkte met daai een. So 'n vreeslike groot kombers vat vir my net te lank.

    Jou doilie lyk mooi. Ek het ook nog twee hier, vol kraletjies, en hulle kom van baie jare gelede. Ek het dit nie gemaak nie.

    EK's baie nuuskierig oor die troue ding ...... maar sal maar (on)geduldig wag ...... lekker hekel.

    ReplyDelete