Monday 10 December 2012

Die vreugde vure brand hoog

Dis met baie vreugde, dankbaarheid en opgewondenheid dat ek vandag hierdie blog skryf.  Ek gaan Ouma word! My dogter, Viyonne, en haar man Bruce, word in Junie 2013 die ouers van hulle eerste baba, en ek is oorstelp van vreugde. 

Die opgewonde ouerpaar het besluit dat hulle nie vooraf die geslag van die baba wil weet nie, dus sal daar baie neutrale kleure gebruik word. Ek het hierdie naweek een van die kombersies 'n mooi randjie gegee.











Ek het ook 'n Elle patroon gekoop en dadelik met hierdie baba baadjie begin.  Dis 'n oulike patroon wat nogal vinnig gaan.


En ja, ek was baie ongehoorsaam en het besluit om net hierdie EEN dingetjie in blou te maak! Dogtertjies kan ook mos blou dra of hoe?


 Julle sal dus verstaan as daar in die volgende paar maande (nog meer) baba praatjies gemaak word, en baie klein goedjies gehekel word!

Tot volgende keer

Sagte Groete



1 comment:

  1. Haai Elsa, baie geluk. Dis sulke wonderlike nuus. Ek weet wie gaan lekker hekel om allerhande mooi goedjies vir die baba gereed te hê. Ek wag in spanning om foto's van alles op jou blog te sien.

    ReplyDelete