Thursday 2 February 2012

Baba opwinding!







Net een nie maar DRIE babas is oppad! Nee, gelukkig nie vir dieselfde mamma nie, dis darem vir drie verskillende mammas (ek glo nog steeds dat my eerste kleinkind eendag een van 'n tweeling of drieling sal wees). Maar my opwinding is groot, en ek voel skoon deel van die afwagting!


Ek gaan besig wees! En as ek gelukkig is, het die drie mammas verskillende smake, en kan ek van 'n sagte pastel kombersie tot 'n funky bont hippie kombers hekel!


Een ding is seker, en dit is dat ek met elke stekie wat ek gaan hekel, en elke blokkie wat ek gaan voltooi, sal bid dat die baba waarvoor die kombers is, vir hulle ouers net vreugde sal bring. En dat die baba altyd net liefde en geluk sal ervaar.

3 comments:

  1. That is so beautiful Elsa!!! Hormone of nie that brought tears to my eyes. Thank You for being such a wonderful person and a part of my life. xoxo

    ReplyDelete
  2. So glad you like it Gen! Jy moet maar laat weet watter mamma jy is, die sagte pastel kleure, of die meer funky! Ek wag vir jou bestelling

    ReplyDelete
  3. Haai

    Wow, dis wonderlik!!! Jy is waarlik merkwaardig. Oe ek is vrek opgewonde, ek gaan nie kan kies nie, so ek dink jy moet maar vir my twee maak, een funky hippie een en een wat meer pastel is, dit is beautiful. Maar laat ek net bietjie dink oor die baba kamer dan laat weet ek jou van die kleure. Dis te pragtig.

    ReplyDelete