Alhoewel ek nie verlof gevat het oor die Kerstyd nie, was daar darem heelwat vakansie dae en het ek sommer heerlik baie tyd gehad vir hekel.
Ek het soveel projekte klaargemaak, dat ek liewer net foto's gaan opsit van als waarmee ek myself besig gehou het.
'n Warm kombers vir Kokstad vorder flink,
Helder ponchos vir twee blonde boeremeisies in Brittanje
Mooi randjies vir baba kombersies
en 'n rippel kombers vir my kleinkind wat in Junie volgende jaar hier sal wees
Tussendeur was daar darem tyd vir middagslapies
snaakse goggas bekyk
en kersgeskenke toedraai
Ek hoop julle het almal 'n heerlike feestyd. 'n Baie voorspoedige 2013 vir almal, en ons gesels sommer binnekort weer. Vier die feestelikhede versigtig!
Tot volgende keer.