Tuesday 25 October 2011

Huise vol Hekelwerk

Jinne maar ons bak behoorlik hier in Malelane! Dit was Sondag 46 grade en van toe af gaan dit gaan nie veel beter nie. Hopelik kry ons binnekort reën en 'n bietjie koeler weer.


Onthou julle die gehelde en gestyfde ornamente wat jare terug in die mode was? Mense het swane en dinge in hulle huise gehad wat so styf gemaak is met suikerwater as ek reg onthou. Kyk hierdie stoel, dit het my daaraan laat dink! Net baie mooier.


Hier is nog 'n idee vir 'n stoel. Ek hou nogal baie van die een, met die vrolike 'granny squares'.





Dit kom uit 'n blog, gaan kyk gerus!

Hopelik raak ek nie eendag so opgevang in hekel dat ek my meubels begin oortrek nie. Maar met die nuwe modes weet mens nooit!


Hierdie kroegstoeltjies is vir my baie mooi, sal nogal nie omgee om sulkes te maak nie







En dan natuurlik, my 'all time favourite' mat. Dis van Nona Pepe. Ek het dit al van alle kante af bekyk, en gedink as mens die blommetjies hekel en op 'n groot badhanddoek vaswerk kan dit nogal werk. Dis vir my ongelooflik mooi, en eendag gaan ek nog so een aanpak!


Ek sal dadelik laat weet en fotos neem wanneer inspirasie vir so groot projek my eendag my pak!

1 comment:

  1. Hi Elsa, Estelle hier (Campher). Ek het hierdie op FB gesien en dadelik gaan kyk..... die gevolg is ....... ook nou my eie blog. Ek geniet joune so en is mal oor die fotos wat jy ophet. Daardie kleinblommetjie mat en daai stoel ....awesome. Ek's ook mal daaroor om goetertjies te maak, hekel, brei, ens.en moes ook 'n "gypsy" gewees het. Ek sal jou blog dophou. Mooi loop ........en geniet al die hekel .....

    ReplyDelete