Monday 13 January 2014

Nuwe jaar, nuwe dinge

Aan al my hekelmaters en vriende, beste wense vir 'n baie gelukkige, voorspoedige en kreatiewe 2014.  Mag julle in hierdie jaar net vreugde en vrede beleef.

To all my crochet and other friends, I wish you a happy and creative 2014.  May your year be filled with happiness and peace.

Eerstens moet ek verskoning vra omdat ek so stil geraak het aan die einde van verlede jaar.  Dit was 'n dolle jaar en op die oomblik gaan dit maar nog steeds woes.  Nietemin, al het ek nie geblog nie, het ek defnitief tyd gemaak vir heerlike hekel en opwindende projekte.

First of all, please accept my apologies for not blogging much at the end of last year.  It was a very busy year and things are not quite looking better at the moment.  I did, however, make time for crocheting, even if I didn't blog about it.



 Hier is 'n paar hekelwerk items wat ek op tv raakgesien het

Here are a few crochet items I picked up while watching television


 Nie seker ek deel 3rd Rock from the Sun se smaak nie!



'n Mooi kombers in Mike and Molly


Nog 'n kombers in Mike and Molly. Indien julle hierdie reeks volg, kyk gerus watter mooi komberse hulle elke week op die bed het!


Bietjie hekelwerk van my eie.  Ek het 'n mat van T-hemp wol gemaak vir my ma se badkamer


'n Omvou serpie vir my vakansie later vanjaar








 En die begin van 'n grooooooot kombers


Ek het ook tyd gemaak om my wol kas reg te pak.  






Die mussies wat ek vir Brian gehekel het, was eers te groot maar hy groei so vinnig dat ek binnekort nuwes sal moet hekel!









Vir eers is dit al van my kant.  Ek is binnekort terug met nog 'n paar goed wat ek klaargemaak het!

Groetnis tot volgende keer!



That's all for now.  I will be back soon with more finished projects

Best wishes until next time!



No comments:

Post a Comment