Monday 11 March 2013

Koel naweek vol wol

Ons was hierdie naweek geseën met heerlike koel weer. Sommer so uit die bloute, en na 'n lang tyd van redelike erge hitte en humiditeit.  Dit was heerlik om met wol besig te wees, en dis hoe ek die grootste deel van my naweek verwyl het.

Die onderbaadjie uit die vorige blog het mooi hout knopies gekry

 

 Nog 'n sagte jassie klaar, hierdie keer spierwit


Ek het sowaar selfs gebrei!  Die nuwe wol wat mens kry vir serpe is onweerstaanbaar, en mens brei 'n hele serp in 'n aand!

 



 More pak ek my tasse vol babagoedjies en woensdag oggend vat ek die lang pad Kokstad toe om vir my dogter en haar man te gaan kuier.  Hoop almal het 'n heerlike week, tot volgende keer, groetnis!





1 comment:

  1. Die serpe was baie gewild in die US hierdie winter. Geniet dit en jou kuier by jou kinders

    ReplyDelete