Monday 20 August 2012

The Naked Sheep

Vandag het ek 'n stukkie hemel ontdek in Nelspruit. The Naked Sheep is 'n winkeltjie wat oa die mooiste wol verkoop. 

Met so 'n boom voor die deur, verwag mens net die mooiste wol en vriendelikste diens. Teleurgesteld was ek verseker nie.




The Naked Sheep hou 'n reuse verskeidenheid wol aan.  My gunsteling Vinnis in die allermooiste kleure.

Hier is my aankope



Bambi vir kussings vir my kamer


Nikkim vir kussings vir Lezani se kamer


En nog Nikkim vir 'n nuwe baba kombers!


Gaan kuier gerus vir die dames by The Naked Sheep.  Hulle is by Winkel 47, Sonpark Boulevard, Nelspruit.  Of kry hulle by www.thenakedsheepco.co.za

1 comment:

  1. Lieflike fotos Elsa. Laat my so verlang na die Kaap. Miskien eendag ............? Ek wil vreeslike graag 'n huis gaan huur in Kaapstad vir 'n maand en al ons vriende en familie uitnooi om te kom kuier. Nie almal op een slag nie, maar lekker tyd om met almal te kuier.

    ReplyDelete