Monday 9 January 2012

Nuwe jaar, nuwe projekte!


Voorspoedige nuwe jaar aan al my vriende! Mag hierdie jaar vir elkeen baie goeie dinge inhou.

Ek begin hierdie jaar met 'n baie opwindende hekel projek. 'n Baba kombers! En nee, dis nog nie vir my eie kleinkind nie, maar dis vir baie goeie vriende en ek voel so opgewonde soos 'n ouma. Ek het die wol gaan koop en wil sommer vandag nog begin. Ek het dadelik gaan google en die oulikste idees gesien. Ek sal heel waarskynlik maar by 'n weergawe van die 'granny square' hou want dit bly seker die lekkerste patroon om te hekel, en dis altyd mooi. Maar ek oorweeg nietemin my opsies.

Einde verlede jaar het my seun 'n foto van 'n kussing gestuur en gevra of ek asb een vir hom kan maak. Dis vir my so lekker om te weet my kinders

hou van wat ek doen. Ek het dadelik gaan wol kry en begin. Intussen het ek besluit om nie die gewone 45 x 45 kussingtjie te maak nie maar n effe groter een. Die voorkant is klaar, nou besig met die agterkant, voordat ek dit kan pos.

Vanoggend het ons wakker geword met reen, reen en nogmaals reen! Dis heerlik, maar nou wens ek heeltyd ek kon by die huis wees sodat ek kon hekel. My swembad het al begin oorloop en steeds reën dit. Ai, ek is baie baie dankbaar hiervoor



Een van my voornemens is om meer gereeld te blog, dus gaan julle my meer gereeld raaklees!

Op 'n opwindende jaar vol hekel verrassings!


No comments:

Post a Comment