Verlede week het ons kantoor kat, Liefie, hier in my kantoor en reg onder my oë die mooiste babatjies gehad. Ek het die voorreg gehad om saam met haar te sit, haar maag te vryf en te kyk hoe elkeen gebore word. Daar was 5 babas maar een is ongelukkig dood gebore. 4 Leef egter en groei vinnig en is gesond.
Eerste baba
Daarna nog 3 grys babas
Is dit nie die mooiste dingetjie nie?
Die naweek was Malelane weer op sy stukke met temperature wat hier kort duskant 40 grade gedraai het.
Ek het my laslap kussing klaargemaak.
Die agterkant is 'n groot oumablokkie
Vasgemaak met knopies
En kyk net hoe mooi pas dit by die kussings wat ek voorheen met my geskenk wol gemaak het!
Ek dink tog ek sien kans vir nog 'n laslap projekkie!