Tuesday 26 February 2013

Nog 'n truitjie

My dogter Viyonne, se baba word in Junie gebore, en hierdie ouma is baie opgewonde. 


Die nuwe ouers wil nie vooraf weet of dit 'n dogter of seun is nie, dus hou ons by neutrale kleure.


Die patroon kom uit Weekend Crochet for Babies deur Sue Whiting


Die 'n maklike patroon wat vinnig hekel. Ek hou van die growwe tekstuur van die patroon.



 

So tussen die malligheid van finansiële jaareindes, hoop dis vir elkeen van julle 'n geseënde week!

Groete

E


3 comments:

  1. Dit is so oulik! Watse wol het jy gebruik? Dit lyk supersag.

    ReplyDelete
  2. Dankie Brenda. Ek het Elle Pure Gold gebruik, en die kleur is Buttercup

    ReplyDelete
  3. Ek is mal oor die knope!! Pragtig!

    ReplyDelete