Wednesday 21 March 2012

Dis 'n dogtertjie!




Onthou dat ek 'n rukkie terug geskryf het oor drie babas wat oppad is? Die eerste een kom in Augustus, en dis 'n dogter! Lea Storey gaan 'n regte dogtertjie kombersie kry. Gister was vakansiedag en ek het behoorlik heeldag aan haar kombers gewerk.


Ek is nie te groot op patrone nie. Ek kyk gewoonlik op google vir idees en dan besluit ek wat ek wil doen. En baie keer verander ek boonop van plan en neem die patroon 'n ander wending soos ek vorder!




Ek behoort die kombers teen die naweek naby aan klaar te hê en sal dan weer 'n foto opsit. Die kleure lyk regtig mooi en is so sag. Ek gebruik Elle Baby vir die gekleurde dele en Elle family knit in wit. Die wit is dikker as dit gekleurde wol, dus gebruik ek 'n 2.5mm naald met die kleur en 'n 4mm naald met die wit.

1 comment:

  1. Lol, ek doen dieselfde! Baie min projekkies waarmee ek begin, eindig soos ek aan die begin gedink het. Dis darem die lekker van hekel!

    ReplyDelete